Recipe: Kersie-Neut-Karringmelk Beskuit

Kersie Neut Karringmelk Beskuit

Bestanddele / Ingredients

1 kg bruismeel
10 ml (2 t) bakpoeier 10ml(2t)sout
500 g margarien
1 blik(385 g) kondensmelk
125 ml(½ k) bruinsuiker
500 ml (2 k) karringmelk
100 g pekanneute, gekap
100 g rooi glanskersies Lewer sowat 52 stukke

Metode / Preparation

Voorverhit die oond tot 190 °C.
Smeer 'n oondbak met margarien of spuitmet kossproei.
Sif die bruismeel, bakpoeieren sout saam.
Vryf die margarine by die meelmengsel in.
Meng die kondensmelk, suiker en karringmelk.
Voeg die droe en nat bestanddele bymekaar en meng deur met 'n houtlepel.
Meng die neute en kersies by en druk vas in beskuitpanne. Bak 50 minute tot goudbruin of tot 'n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom.
Keer uit op 'n draadrak, laat afkoel, sny in stukke en droog oornag uit in die oond.