Bestanddele / Ingredients
2 koppies botter of margarine
41/2 koppies meel
1/2 teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
6 eiers
460 gram bruinsuiker
1/2 koppie melk
1 teelepel vanilla
3 Eetlepels kitskoffie opgelos in 3 eetlepels warm water
4 koppies pekanneute
Metode / Preparation
Room die botter en die suiker
Voeg die eiergele by
Sif meel, sout, bakpoeier by die botter en eiermengsel
Meng
Meng vanilla, koffie en melk en voeg by botter en eiermengsel
Meng bogenoemde mengsel goed
Klits eierwitte styf en vou saam met pekanneute by bogenoemde mengsel
Die beslag is taamlik groot, genoeg vir 24 kolwyntjies of twee groot ronde koeke.
Bak vir ongeveer 40 minute by 1800C afhangende van oond
Laat afkoel en stuif met versiersuiker of versier met roomkaasversiering soos vir wortelkoek