Go Back
Pekanneut Stafies Main

Pekanneut stafies

Prep Time 40 minutes
Cook Time 15 minutes
Course Snack

Ingredients
  

Vir kors:

  • 1 koppie Ongesoute sagte botter
  • koppie Bruinsuiker
  • 2⅔ koppies Koekmeel
  • ½ tsp Sout

Bolaag:

  • ½ koppie Ongesoute botter
  • 1 koppie Ligte bruinsuiker
  • koppie Heuning
  • 2 tbsp Room
  • 2 koppies Pekanneute gekap

Instructions
 

  • Voorverhit die oond tot 180 ºC en voer ‘n oondpan uit met foelie.
  • Maak eers die kors deur die botter en bruinsuiker saam te verroom. Voeg koekmeel en sout by mengsel. Druk die korsmengsel in die oondpan vas en bak vir 15 minute tot goudbruin.
  • Terwyl die kors bak, berei solank die vulsel voor deur die botter, bruinsuiker, heuning en room saam in ‘n pan te verhit oor matige hitte. Roer die gekapte pekanneute by. Haal die kors uit die oond en gooi vulsel oor die warm kors. Plaas die pan terug in die oond en bak vir ‘n verdere 15 minute. Verwyder pan uit oond en laat die stafies goed afkoel in die pan. Verwyder die foelie en sny stafies op ‘n broodbord en bedien.