SAPPA uses generic marketing to promote Pecans from South Africa, without emphasizing a specific brand.…
BESKERM JOU OES Teen Bollwurm en Swaminfeksies, OF….
Afrika Bollwurm het gedurende die afgelope seisoen oor groot produksie gebiede voorgekom en in sekere areas baie skade aangerig. Vir sommige plase word die skade so hoog as 50% beraam! Dit is nou die perfekte tyd om jou beplanning vir die nuwe seisoen, wat om die draai is, in plek te kry.
Dit is noodsaaklik om nou jou monitoring vir hierdie pes op te skerp deur gebruik te maak van feremoon lokvalle. Volg hierdie skakel vir meer inligting oor monitering: https://vimeo.com/918241649. Die monitoring gaan ‘n goeie indikasie gee wanneer daar mot vlugte begin voorkom.
Die meeste produkte, chemies en biologies, werk die beste op die eiers en baie klein larwes, dus is die tydige toedienning van die produkte krities vir goeie beheer. Die meeste van die produkte werk vir 14 dae en daarom sal 2 toediennings benodig word om die bome voldoende te beskerm. ‘n Algemene riglyn sal wees om 2 tot 3 weke na bot die eerste bespuiting te doen en dan weer 2 weke later. Vir meer inligting oor bollworm sien ook: SAPPA-bollwurm-damage.docx.
Afrika bollworm besig om klein neute te eet. Foto: Hardus du Toit
Swam infeksies het ook wyd voorgekom selfs in die droë warm klimaat. Vir effektiewe swam beheer deur die seisoen is dit noodsaaklik dat daar voorkomend opgetree moet word. As jy eers simptome begin sien, is die swam infeksie reeds goed gevestig en baie moeilik om te beheer. Vir meer oor van die algemene swam infeksies sien graag: https://sappaza.sharepoint.com/:b:/s/SAPPA/ESAl2ROX2CVMkokNaFzwjpoBh41HVce7qfDl3xHnf53iPA?e=rCsRD1
Hier kan ons die simptome van Neofusicoccum blaarinfeksie sien. Fotos: Hardus du Toit
Vir die nuutste inligting oor produkte wat op pekans gebruik kan word sien asb die SAPPA webtuiste by: https://www.sappa.za.org/crop-protection/. Gesels met u plant beskermings spesialis om ‘n beheer program op te stel wat hieride probleme kan aanspreek. Onthou, PREVENTION IS BETTER THAN CURE!