Skip to content
Johnramohlabi

John Ramohlabi boer vooruit

Ontmoet John Ramohlabi, ‘n boer van Jacobsdal. In 2016 het SAPPA ‘n draai by John se plaas gemaak om te sien hoe sy boerdery vorder. Alhoewel hy reeds 2 hektaar van sy eie bome aangeplant het, het hy min kennis van pekanboerdery gehad. Hardus du Toit se besoek en advies het egter ‘n nuwe vonk in John se passie vir pekans aangewakker.

Later daardie jaar het SAPPA 40 bome geskenk en sedertdien ondersteun ons hom jaarliks. John is besig om groot sukses te behaal en het reeds 6 hektaar, wanneer hy al sy grond geplant het behoort hy meer as 10 hektaar pekans te hê.

Een van John se uitdagings was dat hy nie sy bome ordentlik kon nat maak nie. In 2023 het SAPPA hom gehelp om sy besproeiingstelsel op te gradeer, wat beteken dat sy bome nou die nodige water kry. Ons kan reeds die positiewe impak sien!
John se bome lyk goed en hy sorg mooi vir hulle. Hy is vasbeslote om hierdie jaar die beste oes tot dusver af te haal.
Sappa is opgewonde om te sien wat die toekoms vir John inhou. Dit is ’n voorreg om te kan deel in sy sukses.

Back To Top