Skip to content
Whatsapp Image 2026 11 16 At 15.11.41 (3)

SAPPA werk om internassionale bande te versterk.

’n Afvaardiging van SAPPA se tegniese personeel het gedurende Oktober Suid-Amerika besoek om bande te versterk met die lande wat pekanneute produseer. Boord besoeke is afgelê in Brasil, Peru en Argentinië waar ons na die produksie toestande gekyk het, uitdagings bespreek het en skouer geskuur het met hierdie lande se produsente verenigings. Die reis is afgesluit deur die bywoning van die 4de Suid Amerikaanse pekanneut kongres wat in Argentinië plaasgevind het. Hierdie kongres wat oor drie dae plaasvind bring produsente en industrie leiers bymekaar vanoor die hele Suid Amerika. Navorsing vanuit Amerika en Mexico is ook op die kongres gedeel.

Dieselfde gewas, ’n ander kontinent en tog soveel van dieselfde uitdagings as wat ons in Suid Afrika in die gesig staar. Stygende inset koste, beperkte  kultivar keuses en min tot geen nuwe kultivar ontwikkeling, siekte en insek druk wat toeneem, die verlies aan oes beskermings middels, min staats ondersteuning vir navorsing, die gebrek aan finansiering en mark toegang is maar van die gedeelde uitdagings.

SAPPA werk aan ’n global pecan databasis. Die doel: Om deurlopende intydse akurate data te hê oor aanplantings, produksie volumes, oordrag voorrade en oesskattings om ons, elke rolspeler in die pekan bedryf, in staat te stel om ingeligde besluite te neem.

Hoewel die taal en kultuur dalk verskil het een ding uitgestaan deur die hele toer. Mense in die pekan bedryf, is mense wat gegrond is in ’n passie vir landbou, ’n passie vir vooruitgang en ’n liefde vir pekan verbouing en almal leef met ’n visie om hierdie industrie te sien groei van krag tot krag!

Volg die Maart uitgawe van die SA Pekan vir ’n volledige verslag van ons besoek aan Suid Amerika.Whatsapp Image 2026 11 16 At 15.11.45 Whatsapp Image 2026 11 16 At 15.11.45 (3) Whatsapp Image 2026 11 16 At 15.11.45 (2) Whatsapp Image 2026 11 16 At 15.11.45 (1) Whatsapp Image 2026 11 16 At 15.11.44 Whatsapp Image 2026 11 16 At 15.11.42 (1) Whatsapp Image 2026 11 16 At 15.11.42 Whatsapp Image 2026 11 16 At 15.11.41 (2)

Back To Top