Skip to content
Foto 2

Corneluis Latha

Corneluis Latha is een van die suksesvolste pekanboere in SAPPA se transformasieprogram.
Hy boer in Vaalharts tussen Hartswater en Jan Kempdorp. SAPPA het hom in 2017 ontmoet,
en in 2018 is sy eerste bome geplant. In 2019 het hy ’n tweede plaas van ongeveer 100 ha
naby Jan Kempdorp aangekoop, waarvan 23 ha reeds met pekanneute gevestig was. SAPPA
het hom bygestaan om nog sowat 2 ha op daardie plaas te vestig.

Corneluis sukkel met sy heup en loop met krukke, maar dit keer hom nie om elke dag op te
staan en sy passie vir boerdery uit te leef nie. Sy grootste doelwit is om sy pekanboerdery ’n
sukses te maak, omdat hy weet dit kan vir sy kinders voorsien wanneer hy eendag aftree. In
die 2024-seisoen het hy 28 ton geoes en is baie tevrede met die resultaat. Hy mik elke jaar vir
’n effens groter oes en sy langtermyndoelwit is om tussen 40 en 50 ton te oes.

SAPPA sien uit na die pad vorentoe saam met Corneluis en is oortuig dat daar nog baie goeie
dinge wag.

Hier staan Corneluis by een van sy bome. Hy het altyd ‘n glimlag op sy gesig want: “daar is nie
tyd om ongelukkig te wees wanneer ‘n mens boer nie.”

Back To Top