By: Corné Pieterse, Delpa Pecans (PTY) LTD For: SAPPA 4 March 2025 Introduction Looking at…

Jantjie Fourie
Met Jantjie Fourie het jy nooit ‘n afspraak nodig nie. Hy is altyd in sy boord – besig om water te
gee, te skoffel, of dooie takke uit te sny. Om pekans te boer en te sien hoe hulle mooi en vinnig
groei, maak hom gelukkig.
Hy boer op perseel 7H14 in Vaalharts en geniet elke oomblik, ten spyte van al die uitdagings
wat hy in die gesig staar. Vroeg vanjaar het sy trekker gebreek, maar dit het hom nie gekeer
om sy bome skoon en netjies te hou nie. Hy het sommer by sy buurman ’n trekker geleen
wanneer hy dit nodig gehad het.
Hoewel Jantjie nie lees of skryf nie, hou niks hom terug om elke dag iets nuuts te leer nie. Hy
vra die regte vrae oor sy pekanboerdery en werk met groot passie en vasberadenheid. Op sy
24 hektaar plaas het hy 6 hektaar pekans, waarvan ongeveer 2 hektaar begin dra. Hy het
vanjaar (2024) meer as 300 kg neute geoes.
“Ek wil goed na my bome kyk, want op my oudag moet hulle na my kyk,” sê hy.
SAPPA is baie bly saam met hom en sien uit na sy toekoms met groot verwagting.