Skip to content
Dries Saam

Dries Smith van Straussburg

Dries Smith het in 2015 drie hektaar pekanneute in Straussburg naby Upington geplant. André Coetzee van SAPPA het hom besoek, en sy aanvanklike sukses was fenomenaal. In 2016 het SAPPA besluit om 100 bome aan Dries te voorsien. Intussen het Dries uitgebrei; hy het onlangs nog 15 hektaar aangeplant en beplan om binnekort bykans 25 hektaar pekanneute te boer.

Behalwe vir die aanvanklike 100 bome, beplan SAPPA om nog 200 bome vir sy volgende aanplantings te voorsien. Volgens Dries help dit vreeslik baie, maar die werklike waarde van SAPPA se betrokkenheid lê in die konstante bystand en raad. Dries sê: “SAPPA help my klokslag, hulle los my nie.”

Wat ‘n voorreg om ‘n pad saam met Dries te stap. Verlede jaar en die jaar voor dit het hy al mooi oeste van sy ouer bome afgehaal en vanjaar lyk dit nog beter. Sterkte, Dries, ons is trots.

Back To Top