13 Julie 2026 Saamgestel deur Kobus Hartmann Opsomming -Gebruik van plantgroeireguleerders, wat natuurlike fito-hormone en…

Hoërskool Groblershoop en die landbou groei saam!
Hoërskool Groblershoop se pekanneutprojek gaan reeds vanaf 2015 van krag tot krag. Hierdie projek het begin met 340 bome en na aanvanklike uitdagings, is daar reeds 4.5 hektaar suksesvol gevestig.
Die projek floreer onder die toesig van SAPPA, wat die bome voorsien het en adviseer, asook die Boegoeberg Watergebruikers Vereniging wat die leiwater borg. Sonder Dirk Louw as mentor en Silver Moon Investments wat bydra bied met arbeid, instandhouding en ander insette sou die projek nie suksesvol kon wees nie.
Die eerste neute is in 2021 geoes en word by Johan Fourie van Yon International ingelewer. Sy terugvoer is dat die neute van hoë gehalte is met ‘n goeie uitkraakpersentasie, Johan voorsien ook landbou en markinligting op ‘n gereelde basis aan die skool.
Die passievolle wyse waarop die skoolhoof en beheerliggaam ook inkoop in die projek en die leerders se betrokkenheid aanmoedig, maak dat die projek ‘n baken van hoop in die klein gemeenskap van Groblershoop is.
