13 Julie 2026 Saamgestel deur Kobus Hartmann Opsomming -Gebruik van plantgroeireguleerders, wat natuurlike fito-hormone en…

Oestyd is op hande!
Soos jy deur boorde in Vaalharts en ander areas in ons westelike produksie gebiede beweeg merk mens baie vinnig op hoe ver ons al is met shuck split. Pawnee wat in Vaalharts gewoonlik eerste shuck split was so 5-7 dae vroeër as met die 2025 oes. Wat egter opmerklik verskil tussen die huidige seisoen en vorige jare is hoe vinnig op mekaar die res van ons kultivars ook begin het met shuck split.
In Vaalharts sien ons normaalweg dat Pawnee eerste uit die blokke is teen begin Maart, gevolg deur Navaho, Western Schley, Mohawk en Wichita oor die volgende 3-4 weke. Dan volg Choctaw en Barton gedurende April en laastens Ukulinga so teen begin Mei.
Shuck split op al hierdie kultivars is reeds teen einde Maart in Vaalharts waargeneem wat beteken die bome is tussen 3 en 4 weke vroeër as wat ons gemiddeld in die area waarneem. Terugvoering uit ander produksie streke toon dieselfde tendens word daar ook waargeneem.
Produsente moet dus bewus wees dat die neute langer die jaar op die grond gaan lê indien jy sou wag vir goeie blaarval voordat daar met die oes proses begin word. Met redelik reën wat oor groot produksie gebiede voorkom en grond kondisies wat oor die algemeen nat is moet produsente waak dat neut kwaliteit nie negatief geraak word nie.
Die takke hang swaar wat altyd ‘n goeie aanduiding is van ‘n bo-gemiddelde oes en neut kwaliteit lyk goed op die neute waar ek waarnemings gedoen het.
Alle voorspoed met die oes wat binnekort ingesamel word!
– Hardus du Toit
