13 Julie 2026 Saamgestel deur Kobus Hartmann Opsomming -Gebruik van plantgroeireguleerders, wat natuurlike fito-hormone en…

SAPPA is opgewonde om ons twee nuwe personeellede te verwelkom
Leilani Le Roux het op 8 April 2024 by ons aangesluit as ‘n “Admin Officer”
Sy neem oor by Andriette De Jager, Andriette het deeltyds gewerk vir SAPPA en vir POMASA. Die werkslading het meer geraak by POMASA en Andriette het gekies om aan te bly by POMASA.
Ons wil van die geleentheid gebruik maak om vir Andriette dankie te sê vir haar jare se diens, ons wens haar alle sterkte toe met die haar nuwe uitdaging.
Leilani het uitstekende ondervinding in admin, reis reëlings en funksie koördinering. Met haar borrelende persoonlikheid glo ons sy sal gou deel raak van die span.
Ons tweede nuwe personeel lid is RP Campher, RP het op 24 April 2024 aangesluit as SAPPA se Landbou Ekonoom. RP was voorheen werksaam by SAPPA, hy het SAPPA in 2023 verlaat om ’n “Bucket List” uitdaging aan te gryp. RP is terug uit die VSA en opgewonde om ’n verskil te maak.
Ons wens beide ons nuwe personeellede alle sterkte toe en vertrou hulle sal ’n lang gelukkige loopbaan by SAPPA hê.


