Skip to content
Picture1

Van veeboer tot volwaardige pekanboer!

Karabo Thabong, ’n grootveeboer uit die Vostershoop-distrik, het in 2025 ’n 94 ha-plaas in die Hartswater-gebied aangekoop wat deel vorm van die groter Vaalharts-besproeiingskema. Karabo neem deel aan die staat se blended finance-skema. Soos tipies van die gebied bestaan die 54 ha-pekanboord uit twee gedeeltes: 9 ha bestaan uit 20 jaar oue bome, wat voorheen die uithoeke van ’n spilpunt was, terwyl die ander 45 ha uit 9 jaar oue bome bestaan wat voorheen onder ’n spilpunt aangeplant is.

“Ek is baie dankbaar dat sakekollegas my aan pekans blootgestel het,” vertel Karabo. “Na deeglike huiswerk het ek besef dat pekanboerdery ’n baie goeie belegging kan wees en my kan help om die risiko’s van my huidige boerdery beter te versprei.”

Die 2025-oes het ’n produksie van 1,8 ton per hektaar gelewer, iets wat Karabo graag verder wil verbeter.

Karabo beskryf sy grootste bestuursles soos volg: “As ’n beesboer is mens gewoond aan klein winste en min geld in die bank, maar met pekans is dit anders. Jy ontvang ’n goeie inkomste uit pekanboerdery, maar jy moet nie in die opgewondenheid vasgevang word wanneer jy ná oestyd na die bankbalans kyk nie. Mens moet vooruit beplan vir die nuwe seisoen se uitgawes en weer in jou besigheid belê om dit vir die toekoms sterker en beter te maak.”

Whatsapp Image 2026 05 12 At 10.37.46

Back To Top