13 Julie 2026 Saamgestel deur Kobus Hartmann Opsomming -Gebruik van plantgroeireguleerders, wat natuurlike fito-hormone en…

Oestyd
Die afgelope twee weke het groot dele van Suid-Afrika se pekanneutproduksiegebiede goeie reën ontvang. Hoewel die reën baie welkom was in verskeie areas, beteken dit ook dat ons as industrie gedurende die oesproses ekstra aandag aan neut hantering en droogprosedures moet gee, om die uitstekende kwaliteit van Suid-Afrikaanse pekanneute te behou.
Indien neute val van bome word produsente aangemoedig om neute so spoedig moontlik van die nat grond af op te tel en om goeie praktyke rondom oes en hantering toe te pas.
Skoon en droë neute bly belangrik om die hoë standaarde van die bedryf te ondersteun en om te verseker dat neute in goeie toestand by verwerkers aankom.
Met die koel en bewolkte toestande wat tans in baie gebiede voorkom, droog neute stadiger as onder warmer en droër toestande. Dit is daarom belangrik dat neute voldoende tyd gegun word om ordentlik te droog voordat dit in sakke geplaas of gestoor word. Ekstra waaksaamheid is nodig om seker te maak dat neute nie te vroeg in sakke geplaas word terwyl daar nog teveel vog teenwoordig is nie.
Terugvoering vanuit verskeie produksiegebiede dui op besonderse neutkwaliteit hierdie seisoen.
Met goeie bestuur en aandag aan detail gedurende die oesproses kan die bedryf voortgaan om die uitstekende kwaliteit waarvoor Suid-Afrikaanse pekanneute bekend is, te lewer.
Alle voorspoed met die verdere verloop van die oes!
