Skip to content
Whatsapp Image 2025 05 28 At 15.10.20 F7b7a13e

Waardevolle samekoms in Streek 7

Op 28 Mei 2025 het produsente uit Streek 7 byeengekom vir ’n insiggewende en geslaagde produsentedag wat deur Daniel Bouwer, SAPPA-direkteur van die streek, georganiseer is. Die geleentheid is in Potchefstroom gehou en het verskeie kundige sprekers ingesluit wat onderwerpe soos grondkunde, grond mikrobes en gewasbeskerming, boerderypraktyke, politiek, asook SAPPA se navorsingsprojekte en ’n markoorsig bespreek het.

Hoewel die inhoud van die aanbiedings van groot waarde was, het Daniel uitgelig dat die grootste waarde van só ’n dag dikwels lê in die gesprekke tussen boere self. In ’n streek soos Streek 7—waar pekanneutboerderye wydverspreid is—bied hierdie samekomste ’n kosbare geleentheid vir produsente om ervaringe te deel, vrae te vra, foute en suksesse te bespreek, en mekaar se wysheid te benut.

SAPPA moedig alle produsente aan om kommunikasieplatforms dop te hou vir inligting oor komende produsentedae in hul streke—moenie dié waardevolle geleenthede misloop nie!

Whatsapp Image 2025 06 09 At 15.16.53 E21069a7 Whatsapp Image 2025 06 09 At 15.16.53 605741c6 Whatsapp Image 2025 06 09 At 15.16.52 5f3d182d

Back To Top