13 Julie 2026 Saamgestel deur Kobus Hartmann Opsomming -Gebruik van plantgroeireguleerders, wat natuurlike fito-hormone en…

Die neut- en droëvrugte-skou in Hefei: ’n Wêreldklas geleentheid vir Suid-Afrikaanse pekanneute
Die jaarlikse neut- en droëvrugte-ekspo in Hefei het ontwikkel tot een van die grootste en invloedrykste voedselbedryfskoue in die wêreld. Hierdie skou, bekend as die China Nuts and Dried Fruits Exhibition, lok jaarliks duisende rolspelers uit die globale waardeketting – van produsente en uitvoerders tot verwerkers, kleinhandelaars en tegnologieverskaffers. Die skou vind plaas vanaf 16de – 19de April.
’n Enorme internasionale skou.
Die omvang van die Hefei-skou is indrukwekkend. Die uitstalling beslaan sowat 150 000 vierkante meter, met 8 groot uitstallingsale en meer as 20 tematiese areas.
Meer as 2 500 uitstallers van regoor die wêreld neem deel en vertoon meer as 10 000 produkte, wat wissel van rou neute en gedroogde vrugte tot verpakkingsoplossings en gevorderde voedselverwerkingstegnologie.
Die skou trek ook ’n massiewe gehoor, met meer as 100 000 besoekers, insluitend internasionale kopers, verspreiders en beleggers.
SAPPA het weer ’n stalletjie van 132m2 bespreek op die skou. Die geleentheid was oop gemaak vir alle verwerkers om deel te neem aan die skou. 10 verwerkers het hulle hand opgesteek om deel te neem aan die geleentheid.
SAPPA reël die geleetheid namens die bedryf. Die 10 verwerkers se stalletjies val dan onder die oorhoofse handelsmerk van Pecans from South Africa. Elke verwerker betaal 40% van die kostes gebonde aan die uitstalruimte so ook hulle eie reis- en verblyfkostes.
Die versoek was baie duidelik aan die verwerkers gestel.
- Daar mag onder geen omstandighede prys gepraat word op die skou nie.
- Slegs produk, volume en diens wat hulle maatskappye kan bied aan die kopers.
- Die doelwit van die skou is bewusmaking van die Suid-Afrikaanse Pekanneutbedryf en hulle maatskappye.

’n Platform vir handel en netwerkvorming.
- Gedurende die geleentheid word:
- B2B-onderhandelings en verkrygingsessies aangebied
- Internasionale konferensies en bedryfspraatjies gehou
- Tendense in verbruik en produksie bespreek
- Vennootskappe tussen lande en maatskappye gevorm
Geleenthede vir Suid-Afrikaanse pekanneute.
Vir Suid-Afrika se pekanneutbedryf, bied hierdie skou uitsonderlike geleenthede. Suid-Afrika is reeds een van die wêreld se grootste uitvoerders van pekanneute, en China is ’n groeiende verbruikersmark met ’n groot vraag na kwaliteit neute.
- Deur ’n stalletjie by die Hefei-skou te hê, kan die bedryf:
- Direkte toegang tot die Chinese mark bevorder
- Handelsverhoudings bou
- Handelsmerk sigbaarheid verhoog
- Markinsigte verkry
In ’n tyd waar internasionale handel toenemend mededingend raak speel hierdie tiepe blootstelling ’n groot rol tot ons toekomstige sukses.
